Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments
Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy 'n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms'e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwereld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voeltjies, goggas en paddas. Aucamp skram egter nie daarvan weg om effens meer gesofistikeerde verwysings byna ongesiens in die verse in te glip nie, soos in die onsinversie oor oom Nathan die Ou Wyse en die verhaal van "Oorlede Dina Sourus", wat die verse ook vir die voorlesers genotvol sal maak. Slim woordspel, vindingryke ryme en Aucamp se trefsekere gevoel vir ritme maak dat hierdie versies gou onder die klassieke kinderverse in Afrikaans gaan tel.
Kan wat vandag deurgaan as "kabaret" die toets met die verlede deurstaan? In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord – met 'n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word hier meesterlik byeengebring.
Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter. Liefde in Aucamp se werk vertoon ’n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. ’n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van “The Return from the Kloof” deur Joey Muller, ’n vergete meesterstuk, met ’n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe. In die elegiese sluitstuk “Waar die wolke middag maak” neem Aucamp finaal afskeid van die Stormberge van sy jeug, en word sy kontrei inderdaad “’n aandgesang”.
In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoerotiek in die kunste en in die letterkunde. Onder die afdeling "Kuns" word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin. Die afdeling "Skrywers en individuele werke" is 'n kort historiese oorsig van die hantering van homoseksualiteit in literatuur. Skrywers soos Stephen Spender, C. Louis Leipoldt, Christopher Isherwood en Edmund White word belig en daar word aandag gegee aan gay stereotipes soos die cowboy in die kortverhaal "Brokeback Mountain". In "Bloemlesings" gee Aucamp onder andere 'n hipotetiese keur van gay verhale. Die laaste afdeling, "Egodokumente", bespreek beroemde mense se dagboeke en daar word afskeid geneem van Lucas Malan.
Die vernuftige wyse waarop Aucamp hierdie verhaaltjies in digvorm weergee, sal deur kinders en grootmense geniet word. Half vergete verhale word op hierdie wyse ook weer vir Afrikaanse lesers in herinnering geroep. Hennie Aucamp se belangstelling in en kennis van die verhaalkuns van die inheemse volke van Suid-Afrika word in hierdie versameling omdigtings met die subtitel Afrika-verse vir kinders weerspieel. Die bundel is in vyf afdelings verdeel en bevat vernuftige oorvertellings-op-rym van bekende en minder bekende verhale van die San, die Khoi en die swart volke. Daar is verse oor die ontstaan van die son, die maan en die sterre, verhale oor diere soos die skilpad-towenaar en die eerste eland en volstruis, 'n mite oor waar die eerste mens vandaan kom, die sprokie van die waterslang, en 'n aantal "hoe" - en "hoekom"-stories: Hoe Tarentaal sy spikkels gekry het, hoe Hasie sy haaslip gekry het en hoekom Reier se nek so skeef is.
In Oor En Weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied ’n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Die kwatryn is ’n moeilike digvorm wat van die digter vereis om in enkele woorde en net vier reels ’n sinvolle eenheid in beeldende taal oor te dra. Die vorm pas Aucamp, ’n meester van die kortverhaal, soos ’n handskoen – en vir die leser wat bereid is om fyn te kyk en te lees, word die ongesiende en ongehoorde in Skulp onthul.
|
You may like...
Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the…
Megan Fox, Stephen Amell, …
Blu-ray disc
R48
Discovery Miles 480
Terminator 6: Dark Fate
Linda Hamilton, Arnold Schwarzenegger
Blu-ray disc
(1)
R79 Discovery Miles 790
Clare - The Killing Of A Gentle Activist
Christopher Clark
Paperback
|